

MEISIE SE SJOKOLADE OLIE KOEK
1 ¾ koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
sout
1½ koppie suiker
4 opgehoopte teelepels kakao
Sif bogenomede bestanddele saam.
1 koppie swart koffie ( Afgekoel)
½ koppie kookolie
1 teelepel vanilla geursel
4 eiers (geskei)
Klits geel van eier, olie, koffie en vanilla saam
Voeg droë bestanddele saam.
Meng goed.
Klop eierwit styf en voeg laaste by.
Bak in 1 gesmeerde panne vir ½ – ¾ uur teen 180 ºC.
Laat rukkie in pan rus, keer uit en laat afkoel.
Sny die koek in die helfte, om twee lae te kry en versier.
Sjokolade versiersel.
Room 125 g (140 ml) botter /margarien en 250 g ( 2 koppies) gesifte versiersuiker saam
Voeg 25 ml (2 eetlepels) gesifte kakao en 5 ml (1 teelepel) Vanilla geursel by en meng tot romerig.
Resep: Meisie vd Colff
Foto: Juanita Viviers Scheepers






