


WORTELKOEK GESKIK VIR TROUKOEKE
3 ekstra groot eiers
375 ml suiker
250 ml olie
500 g wortels,gerasper
625 ml koekmeel
7 ml bakpoeier
7 ml fyn kaneel
5 ml koeksoda
5 ml sout
1 pk (100 g) pekanneute, gekap
Voorverhit oond tot 180 grade C.
Klits eiers en voeg suiker by. Klits tot liggeel. Voeg die olie by en meng goed deur.
Voeg wortels by. Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout by die mengsel in en meng baie goed deur.
Voeg neute by en meng. Giet in voorbereide panne en bak vir +- 45 lank of tot gaar.
Foto: Thalia Rondganger
2de foto: Hanmarié Roos – Een van die beste wortelkoek resepte wat ek al probeer het. Ek wil net bylas dat ek die resep 5 x aangemaak het.






