MURGPAMPOENTJIE MUFFINS
1 koppie bruismeel
½ koppie olie
1 teelepel sout
5 eiers
1 houer murgpampoentjies, gerasper (300 g)
1 ui, fyn gesny
1 blik roomsoort mielies
1 koppie Cheddar kaas
Braai ui in bietjie olie, voeg murgpampoentjie by en meng res van die bestanddele by. Skep in voorbereide muffinpannetjie.
Bak 45 min by 180°C.
Foto en resep: Andri du Toit.