

RINA SE BROSBROOD
500 g regte botter
Sif die volgende 3 keer saam:
3 koppies koekmeel
1 koppies versiersuiker
1 koppies maizena
Vryf sagte botter in tot dit goed deur gewerk is en ‘n deeg vorm. Spuit swissrol pan en werk in pan, druk die deeg vas of maak patroon na jou keuse. Bak by 140 ºC tot gaar, haal uit en sny blokkies na U keuse.
Sif versiersuiker of strooisuiker oor
Resep en foto: Rina Botha






