

AARTAPEL TERRIEN
By n vriendin gekry. Dis heerlik.
1 kg aartappels
1 klein groen appel met skil in blokkies geny
1 rooi soetrissie in blokkies gesny
1 medium wortel grof gerasper
1 ui gerasper
2 seldery stingels dun skyfies gesny
¼ koppie mayonnaise
45 ml fyn maaskaas
200 ml plain jogurt
sout en pepper
Aartapel skryfies om bo op te sit
Kook helfte van aartappels sag en maak fyn.
Sny ander helfte in blokkies en kook net tot sag.
Voeg appel, soetrissie, wortel, ui, seldery (alles moet in blokkies gesny wees) by blokkies aartapel.
Meng maaskaas, jogurt, mayonnaise, sout en peper by fyn aartappels en meng goed deur.
Voeg fyn aartappels by blokkies aartappels en roer versigtig deur tot goed gemeng.
Voer klein brood pannetjie met kleef plastiek uit.
Skep mengel in pannetjie en laat oor nag in yskas.
Keer uit op mooi bord.
Bak aartapel skyfies in warm olie tot bruin laat afkoel en plaas bo op aartappel.
Foto en resep: Poppie Naude






