

LUI HUISVROU PASTA
Kook eers jou pasta (ekt ñ driekwart pak gebruik)
Braai 1 ui en 1 huisie knoffel in botter tot glaserig. Voeg kwart groen, geel en rooi peper in klein blokkies gesny ook by en braai.
Gooi 1 pak kaaswors in wielietjies gesny daarby…braai tot amper gaar.
Voeg 1 pak gesnipperde spek by…braai tot gaar.
Voeg nou bakkie sampioene wat gesny is by en braai nog effens.
Maak solank 1 pakkie (geur van jou keuse) potato bake met 500 ml melk aan en voeg by worsie mengsel….kook so 10 minute. Voeg nou jou klaar gekookte pasta by en roer goed deur. Voeg daarna 1 houer room by en laat prut nog so 7 minute. Sout en peper na jou smaak.
Geniet.
Nota: Hier het ek die pepper en sampioen uitgelaat omdat die kinders nie daarvan hou nie en kaas oor gestrooi 😇
Foto en Resep; Lizaan Ras le Roux






