

ROMERIGE NAPOLETANA SOUS MET PITTIGE CHORIZO
Ryk en romerige Napoletana sous met pittige chorizo wors en basiliekruid pesto. Heerlik! Die Napoletana sous is beslis die wenner hier.
Napoletana sous
8 stukkies songedroogde tamatie gerehidreer in kookwater
Klein blikkie tamatie pulp
8 Klein Rosa tamaties (hulle kan maar goed ryp ook wees) net in kwarte gesny
1 ui opgekap
Bruin suiker
1 teelepel Italiaanse kruiemengsel
1 knoffeltoontjie gerasper
Olyf olie vir braai
1 teelepel Balsamiese druppeltjies (jy kan 1 teelepel balsamiese asyn gebruik)
Sout
2 teelepels bruin suiker om die suur van tamaties te balanseer.
1/2 koppie vars room
Halwe chorizo worsie dun gesny
Metode:
Braai ui en knoffel liggies tot effe verkleur, voeg die res van bestandele behalwe room en stukkies worsie by en bring tot kookpunt terwyl geroer word. Prut dan ongeveer 15min, as dit lyk of dit gaan vasbrand gooi bietjie water by. Dit moet nie waterig wees nie. Druk blender stick in en maak fyn (dit kap sommer al die skilletjies ook fyn).
Gooi die room by en maak net warm en haal dan van hitte af.
*Chorizo word dun gesny en bygegooi saam met die room indien dit gebruik word in die sous.
Bedien op pasta met basiliekruid pesto en fyn Parmesan kaas.
Foto en resep: Elsabie Templeton






