

GESONDHEIDSBESKUIT MET TUISGEMAAKTE MUESLI
Resep aangepas en foto: Ineke Steyn
FOOD LOVERS RECIPE
Gebruik ‘n broodpan van sowat 18 cm x 8 cm. Ek sny gewoonlik my beskuit in stukke – dis net makliker
EEN BROODPAN
(18 stukke)
500 g semelryke bruismeel
2,5 ml sout
250 g botter
200 g suiker
250 ml karringmelk
1 eier
2 koppies (2 x 250 ml) muesli * resep onder
TWEE BROODPANNE:
(36 stukke)
1 kg semelryke bruismeel
5 ml sout
500 g botter
400 g suiker
500 ml karringmelk
2 eiers
4 koppies (4 x 250 ml) muesli
Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas die bruismeel en sout in ‘n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die mengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Sit die suiker en muesli by en meng goed. Klits die karringmelk en eier(s) saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Skep in gesmeerde broodpan(ne) en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar. Toets met ‘n toetspen en maak seker hy kom droog uit. Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny. Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur teen 120 °C uitdroog.
Ek droog gewoonlik my beskuit oornag in die oond uit
*Vir die muesli wat in die beskuit kom :
die resep se 4 koppies muesli. So ek vat ‘n maatbeker en dan sit ek die volgende in tot jy jou 1000 ml merk op maatbeker vol het:
1 koppie rou oats
1 koppie klapper
1 koppie saad gemeng
1 koppie sonneblom saad
Jy kan meer of minder insit soos jy wil. Soms gebruik ek ipv so baie saad meer oats.
Neem ‘n 1/3 koppie klapperolie wat gesmelt word saam met so 2 opgehoopte eetlepels heuning vir so paar sekondes in die mikrogolf. Giet dit oor die oats, klapper en neutemengsel en meng mooi. Bak in ‘n oondpan op hoë setting vir so 10 min tot als mooi bruin is. Jy moet bly staan by oond en gereeld kyk en dit roer. Neem die mengsel as dit klaar gebak het en meng dit by die beskuit se bestanddele. Druk die deeg mengsel plat in die beskuitpan met bietjie olie op jou hande en bak. Droog dit op 120º C met ‘n lepel in die oond se deur, maar proe elke uur dat dit nie te lank in is en te hard word nie.






