

CHAUMONT – BEESPENS PLAKKIES
Ek het jare gelede in ‘n klein dorpie in Frankryk, genaamd Chaumont, interessante beespens geeet en die resep gevra: Sny beespens in groterige plakkies. Week dit dan in melk en gekapte uie vir 2 uur. Kook dan sag in drukkoker. Smeer dan plakkies met fyn knoffel en gekapte groenrissie. Sout en peper na smaak. Rol in meelblom, doop in eier en dan in krummels. Braai albei kante bruin in olie. Bedien met ‘n kaassous.
Resep geplaas deur Rudi Basson






