FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N TWIST
Genoeg vir 4 persone
4 ½ snye brood
4 rooiworsies in ringetjies gesny
1 ui gekap en gebraai tot deursigtig
4 agurkies in ringetjies gesny
4 Ingelegte peppadews opgekap
2 hoenderdye opgekook en grof gepluis
1 groot spinasieblaar fyn gekap
Plat tamatieskywe
6 eiers geklits, met genoeg melk gemeng en gegeur met sout en peper
Gerasperde kaas
Pak 2 ¼ snye brood onder in ‘n vuurvaste oondbak.
Giet van die eiermengsel oor die brood en pak worsies op die brood.
Skep gebraaide uie oor en sprinkel gekapte peppadews oor.
Pak agurkieringe bo op peppadews en strooi grof gepluisde hoender oor, asook fyngekapte spinasie.
Pak tamatie ringe bo op.
Sit die res van die 2 ¼ snye brood bo op en giet die res van die eiermengsel bo oor.
Rasper genoeg kaas bo oor, en bak @ 180ºC tot gestol.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld
One thought on “FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N TWIST”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
geskuif