

ADAM SE GEBAKTE FRIKKADELLE IN TAMATIEPASTA
500g maalvleis
1 medium groot fyngekapte ui
1 pakkie bruin uiesop
2 teelepels fyn knoffel
1 teelepel oreganum
2 eiers
250 g pasta van jou keuse, half gaar gemaak in lig gesoute water.
1 blikkie gekapte tamaties.
halwe blikkie water
2 eetlepels koekmeel
1 eetlepel botter
sout na smaak.
Bedek die bodem van ‘n oondbak met die half gaar pasta. Meng die maalvleis, uie, bruin uiesop, knoffel, oreganum en 1 eier, vorm balletjies en rangskik dit tussen die pasta in.
Giet die tamaties in ‘n kastrol en spoel die blikke met helfte vol water daarin uit. Voeg die botter daarby. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte tot dit prut en voeg die meel bietjie vir bietjie daarby terwyl dit vinnig met ‘n draad klitser geklits word. Laat prut tot dit net begin verdik. Haal van die hitte af en roer 1 eier daarby in.
Giet die tamatiemengsel oor die pasta en frikkadelle en maak seker dat die pasta behoorlik bedek is. Bedek die bak en bak by 180ºC vir ongeveer 45 minute tot die frikkadelle gaar is.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete






