

VISKOEKIES VAN VARS SARDYNE
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
Maak sardienes skoon.
Braai oor lou warm kole met gerowe garlic sout.
Laat afkoel, verwyder die groot graat en vlok die vis.
Giet 1 eetlpele asyn oor en laat oornag staan.
Maak fyn in voedselverwerker. (hier kom baie grate uit en ander word fyn gemaal)
Viskoekies
Meng die volgende saam:
2 koppies kappokaartappels
1½ koppie koekmeel
1 ui fyn gerasper
1 eier
¼ teelepel peper
1 eetlepel suurlemoensap
1 teelepel sout
Meng in balletjies en rol in broodkrummels, sit in die yskas om goed koud te word en braai in matige olie tot gaar.
Heerlik 😉






