ZEERUSTSE VRUGTEKOEK
⅔ koppie kunsbotter (ek vermoet dis margarine)
2 koppies meelblom
½ koppie strooisuiker
1 koppie sultanas
1 koppie korente
½ koppie sitroenskil
½ koppie kersies
½ koppie soetwyn
2 eiers
2 teelelepel bakpoeier
gerasperde skil van 1 suurlemoen
knippie sout
knippie gemmer
knippie naeltjies
knippie neut
Room botter en suiker saam. Voeg eiers by. Dan meelblom met bakpoeier, sout en speserye saam gesif en wyn om die beurt.
Laaste die vrugte. Bak in ’n met 3 lae papier uitgevoerde pan in matige oond vir 1½ uur.
Resep verskaf: Heiner Lange
Resep geneem uit Heiner Lange se oorlede moeder, Margi Lange se handgeskrewe resepteboek