GIDEON SE SWARTPOT HOENDERPASTEI
2 kg hoender dye en boude
2 medium uie gekerf
250 ml room
400 g sampioene gesnipper
1 teelepel rissievlokkies
1 koppie hoenderaftreksel
1 eetlepel fyn knoffel
2 eetlepels dijon mosterd
2 eetlepels vars tiemie
200 g gekapte spek
Sap van een suurlemoen
Kors
125 ml melk
125 ml sonneblomolie
1 eier
110 g koekmeel
10 ml bakpoeier
‘n knypie sout
Meng alles saam tot ‘n slap loperige deeg.
Braai die stukke hoender en voeg later die uie by en braai ‘n rukkie.
Verwyder die hoender en ontbeen.
Intussen braai die sampioene en spek en voeg die gepluisde hoender by.
Meng die res van die bestanddele en voeg by en kook vir ‘n rukkie.
Giet die beslag van die kors oor, plaas die deksel op en bedek met kole.
Laat prut vir omtrent ‘n halfuur
Resep geplaas deur Rinie Louw
Foto: Gideon Louw