


TESSIE SE HEERLIKE LEMON MERINGUE
(Baie klein tertjie)
1 blikkie kondensmelk
2 eiers geskei
125 ml suurlemoensap
50 ml strooisuiker
Meng die kondensmelk, 2 eiergele en suurlemoensap sap. Gooi bo op tertkors en bak vir 5 minute 180ºC.
Klits 2 eierwitte saam met die strooisuiker tot stywe punt vorm. Skep bo-op tert en bak tot meringue bruin is.
As jy ‘n groot tert moet maak verdubbel net die bestanddele.
Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
2de Foto: Marie Rheeder Troskie






