ADAM SE BOERE SPANAKOPITA
(SPINASIE EN KAAS PASTEI)
500g vars spinasie blare
1 rol gevriese pofdeeg
1 koppie botter (gesmelt)
1 koppie gekrummelde Fetakaas
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
3 eiers liggies geklits
1 eetlepel gedroogde dill
½ teelepel neut poeier.
Sny die spinasie van die stingels af en spoel dit af. Kook dit net met die water wat aan die blare is net tot al die blare begin verwelk. Dreineer deeglik (druk die water uit) en kerf dit fyn op. Meng al die ander bestanddele by die spinasie in.
Deel die vel deeg in 2 en rol elke deel bietjie uit om in ‘n groot genoeg oondbak te pas. Spuit die oondbak met kleefwerende sproei en plaas een vel deeg op die bodem. Skep die spinasiemengsel bo-oor en bedek met die tweede vel. Merk die blokkies waarin dit gesny gaan word af deur ‘n mes net liggies oor die deeg te trek sonder dat dit heeltemal deur sny. Bekwas die boonste laag deeg met eier en bak by 180ºC vir ongeveer 30 minute tot die deeg opgepof en mooi goudbruin is.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete
One thought on “ADAM SE BOERE SPANAKOPITA”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif