

ISABEL SE POTBROOD ROLLETJIES IN KNOFFELMELK SOUS
1 pak brooddeeg
Sous:
1.5 liter melk
8 tot 9 knoffelhuisies (na smaak 8-9, is lekker sterk)
vars pieterselie
bietjie strooisuiker (of na smaak net om die ergste knoffel smaak te breek)
2 eetlepels botter
sout, peper, paprika na smaak
Ek het brooddeeg in balletjies gemaak, pak dit in ‘n ysterpot, meng die sous en giet oor die bolletjies, sit op die vuur en bak tot gaar. Vuur nie te warm nie, maar melkmengsel moet rustig kook. Dit bak so 45 min op die vuur. Ek het een oop gebreek om te sien of die deeg gaar is binne.
Moet nie al die sous weg kook nie, wanneer ek bedien sny ek die broodjie oop en smeer nog bietjie sous binne in ook.
Nota: Omdat jy met melk kook moet die pot baie groter wees as nodig want dit kook gou oor. Ek lig die deksel maar net effens sodat dit nie te erg oor kook nie. Ek draai die bolletjies glad nie. Ek los dit net so.
Bron en foto: Isabel Quinton







geskuif