


EDNA SE HEERLIKE SPINASIE GEREG
Awesome spinach dish… I am proud 🙂
Die is genoeg vir 6 na 7 mense as jy ander bykosse het.
Gebruik so 20cm deursnit bak.
1 of 2 bossies (pakke) spinasie – ligweg opgekap (of jy 1 of 2 gebruik, jy hoef nie die bestanddele onder aan te pas nie)
5 stukkies repe spek (opgekap)
5 sampioene (opgekap)
1 groot ui (opgekap)
Plaas bogenoemde in pot en kook so 15 minute – dreineer enige vog af en hou mengsel eenkant. (ja niks braai van uie ens nie, kook alles)
1 houer gladde maaskaas
3 eiers
1 teelepel mosterdpoeier
peper na smaak
1 koppie gerasperde cheddar kaas
Meng 1 pakkie wit uie sop met 1 houertjie suurroom en laat staan vir 10 minute.
Voeg by maaskaas, eiers, mosterdpoeier en peper. Meng goed deur en voeg spinasiemengsel by en  gerasperde cheddar kaas. Meng alles ligweg deur.
Skep in ‘n bak gespuit met spray en cook en bak by 180°C vir 30 na 40 minute – kyk as gestol en bruin bo-op is.
As uit die oond kom, gooi nog gerasperde kaas oor.
Ek het 2 swart olywe geneem en stukkies gesny en bo-oor gesit vir versiering met bietjie paprika.
Opsioneel:
As jy wil, kan jy ½ blik aspersies in stukkies gesny ook byvoeg.
Hierdie dis kan deurgaan as ‘n volledige aandete saam met kapokaartappels en lekker mengelslaai.
Resep ne foto:Â Edna Liebenberg Willemse






