WORS OP KLIPSOP RYS
Vir die lui huisvrou (soos ek) en dis bietjie iets anders, weet nie wie van julle het dit al gemaak nie?
± 50 ml kookolie
1 na 2 koppies rys (hang af van hoeveelheid mense wat gaan eet)
boerewors, (weereens, na gelang van hoeveel mense gaan eet)
sout en pepper na smaak
Aromat vir geur
1 teelepel BBQ spice
water vir gaar kook
Verhit olie in kastrol, net genoeg dat boom van kastrol bedek is.
Gooi rys by na smaak (ek het vandag 2 koppies rys gevat, want dan is daar genoeg vir my man se kosblik)
Soms braai ek eers bietjie ui en knoffel in olie, maar dis opsioneel.
Braai rys met BBQ speserye totdat rys begin wit word van die hitte, roer gedurig. (Ek braai dit sowat 1 na 2 minute, hang af hoe warm olie vooraf gemaak is.)
Gooi water by, sodat rys nie aanbrand.
Gooi blikkie Tamatie en Uie smoor by, roer deur.
Roer res by: s + p en aromat.
Sit wors bo-op rys en maak teen baie lae hitte gaar met deksel skeef op, dat dit net-net prut.
Wors kan geprik word dat worsvet in rys intrek, opsioneel.
Wors is bleek omdat dit nie gebraai is, maar steeds baie lekker saam met rys. Mengelslaai kan by gemaak word.
Dis ook baie lekker met sjoe-sjoe sous: (Sheshebo of Chakalaka).
Foto en Resep: Ida de Beer
Nota:
Roelien Botha – Min of meer hoeveel water? Ek wil graag iets soortgelyks doen,maar met hoenderrepies.
Ida de Beer – Roelien, ek het gooi die water gewoonlik totdat ek dit fisies sien deurkom by die rys, want die rys moet uitswel, amper soos wanneer jy rys normaalweg kook. Ek sit dit op hoë hitte totdat dit kook, dan stel ek dit af na laagste stelling op stoof en dit prut vir sowat een uur (deksel skeef op om nie wors vel taai te kook nie), dit sal seker dieselfde wees met hoender repies, dis ‘n fantastiese idee, veral met daai geurige Chicken spice by.