

ERNA SE BROS GEBRAAIDE OOND AARTAPPELS
Skil en sny aartappels in stukke.
Kook tot amper sag in soutwater.
Dreineer goed en gooi in oondpan wat met spray n cook gespuit is.
Dribbel ‘n bietjie olie oor die aartapels en geur soos jy wil. Roer deur (ek keer dit om met n eierspaan)
Bak op 180°C vir 20 min. Dan roer jy dit om en bak weer so 20 min. Dan kyk jy elke 10-15 min tot lekker crispy.
As jou oond ‘n “fan”het, gebruik dit.
Gebruik olie spaarsamig. Dit moenie in olie lê en braai nie.
*Ek maak dit gewoonlik saam met braaivleis. Dan kook ek klaar en berei voor in oondpan. So uur voor ons eet sit ek dit in die oond en kyk dan na die einde se kant hoe lank dit gaan wees voor braaivleis reg is en stel oond so warmer of kouer.
Dis lekker as jy dit dadelik uit die oond kan opdien. As dit staan is dit nie meer so crispy nie.
FOTO EN RESEP: Erna Van der Merwe
One thought on “ERNA SE BROS GEBRAAIDE OOND AARTAPPELS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







geskuif