

THAISE BIEFREPIES
(6 porsies)
700 g biefrepies, in repies gesny
Bietjie olie
2 uie gekap
1 knoffelhuisie gekneus
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
7.5 ml mielieblom
420 g (1 blik) klappermelk
30 ml vars koljanderblare gekap
45 ml grondboontjiebotter
Braai vleisrepies bietjie op ‘n slag in olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
Voeg nog olie by indien nodig en sorteer uie en knoffel tot deurskynend.
Voeg soetrissie by en sorteer nog 2 min.
Sprinkel mielieblom bo-oor en roer tot mielieblom geabsorbeer is.
Voeg klappermelk, koljander, grondboontjiebotter, sout, peper en vleisrepies by. Verhit tot kookpunt en prut oor medium hitte tot vleis sag is.
Sit warm voor met pasta of rys.
Bron en Foto: Elna Erasmus






