

STOWE BOONTJIE IN TAMATIESOUS
Iets anders met boontjies in tamatiesous. Lekker warm of koud.
15 ml olie
1 groot ui, gekap
2 knoffel toontjies, fyn
1 soetrissie, gekap
7.5 ml kerrie poeier
1 ml fyn kaneel
1 ml fyn koljander
1 ml fyn gemmer
1 ml fyn komyn
2 blikke boontjies in tamatiesous
1 groen appel, geskil en in blokkies
30 ml rosyne
30 ml blatjang
sout en peper
bietjie asyn
Braai rissie, ui, knoffel en speserye vir so 5 min. Roer gereeld. Voeg boontjies, appel, rosyne en blatjang by. Prut 20 min en voeg asyn by. Kook deur en bedien.
Bron: Heidi van Greyton
Foto: Martie Fourie Moolman






