

PETRO SE MAALTYDSLAAI
500 ml gaar noedels
1 blik pynappelstukke (dreineer)
2 wortels geskil en gerasper
1 ui gerasper
3 agurkies in skywe gesny
Sous
1/2 blikkie kondensmelk
125 ml witasyn
250 ml mayonnaise
10 ml aangaakte mosterd
50 ml kookolie
Sout
Meng al die slaai bestanddele liggies saam
Meng al die sous bestanddele en giet oor die slaai
Meng liggies
Lewer 6 porsies
Bedien as maaltyd met knoffelbrood of as slaai by braaivleis
Geplaas deur :Marie Dumas Jennings
Foto: Alida Bezuidenhout






