LORRAINE SE PAP VORMPIES
Maak genoeg slap mieliepap vir die hoeveelheid mense wat jy gaan bedien.
Meng gewone slappap met:
1 koppie gemengde gevriesde groente (ontvries)
Pakkie potato bake – sour cream and chives
250ml room
Meng bogenoemde bestandele saam en roer dit in die pap, laat prut vir 10-15 min tot heel gaar. Skep in bak en laat stol tot skep tyd of skep in aparte ramekins vir indiviuele porsies. Keer mooi uit op die bord voor bediening
Ek het ‘n ramekin gebruik om pap vormpies te maak.
Bron en foto: Lorraine van Rooyen