

WILMA SE HEERLIKE BEESBREDIE
1.5 kg potjiekos beesvleis
1 blikkie (410g) mild and spicy chakalaka
4 groot aartappels geskil en in kwarte gesny
4 wortels skoon geskrop en in ringe gesny
1 medium grootte ui in ringe gesny
1 pannetjie sampioene opgesny
5 ml sout
5 ml swartpeper
vars knoffel na smaak
20 ml braaivleisspeserye
Braai die ui en vleis in bietjie olie tot bruin. Strooi speserye en knoffel oor en roerbraai vleis en uieringe tot lekker gemeng met speserye.
Voeg nou skoon water by die vleismengsel tot vleis bedek is, en kook tot vleis amper sag is. Voeg groente by en kook vir 30minute of tot aartappels en wortels sag is. Bedien met rys en beetslaai of slaai van jou keuse
Bron en foto: Wilma Josey Venter






