“CHUCK” BRAAI IDEES
Debbie Lamprecht van Staden:
Wie kan help asb – sou mens “Chuck” braai, moet dit eers gemarineer word?
Stefaans Blaauw: Sien foto’s
Ek smeer dit net in met suurlemoensap, en Olyfolie of gesmelte botter, en swart peper..laat staan so 4-6 ure, en braai dan op warm kole, of in die oond..dan eers gooi ek die sout oor, net voor dit gebraai of gebak word.
Karin Pitout:
Ons braai dit net soos T-Been sonder om te marineer. As slagter vir jou lekker snitte gesny het, is marinade onnodig, aangesien dit van die smaaklikste vleis is.
Norman Swart:
Ek marineer myne met olyf olie voor die tyd, dan kan jy dit omtrent met ‘n botter mes sny.
Jaans Coetsee:
Worcestersous en steak en tjop spice ‘n uur voor jy vuur toe gaan maak dit heerlik en sag.
Anton Barend Van Niekerk:
Braai oor warm kole nie nodig om te marineer nie.
Mirsina Rimbos Mouyis
My best! Greek way.. rub olive oil, salt, pepper, oryganum and grated onion to soften up if you marinate over night or a few good hours! Braai and then squeeze fresh lemon on the meat if you like
Foto: Stefaans Blaauw