

MAGDA SE SJOKOLADE KOEK
2 ¼ koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels botter
3 eetlepels kakao
knippie sout
1 ½ koppie water
2 ¼ koppies suiker
6 eiers
1 ½ teelepel vanilla geursel
Klits die eiers, suiker en vanielje goed vir 10 minute.
Meng botter, kakao en water en bring tot kookpunt.
Sif droë bestanddele by eiermengsel in en gooi kokende mengsel by beslag in en meng vinnig deur.
Gooi in 2 gesmeerde en gevoerde koekpanne van 20cm elk.
Bak ongeveer 20 – 30 minute lank by 180°C.
Laat bietjie afkoel in panne en keer uit op draadrakkies.
Versier soos verkies met botterversiersel of karamelkondensmelk
Resep: Magda van Wyk
Foto: Meisie van der Colff







Done
Ek het die koek al twee keer gebak. Elke keer groot sukses en flop vry. Ek soek nog net ‘n “tool “om my koek mooi in 2 te sny want die lae kom lekker hoog uit. Dit is 4 laag koek.