

HOENDER EN PATAT BAKKIES
Ons het gister hoender gebraai en vandag het ek hierdie lekker hoenderbakkies gemaak met die hoender wat oor gebly het.
Vir 2-3 porsies
Gaar hoender fyn gesny genoeg vir die aantal bakkies wat jy wil vul ek het ‘n boud, dy en borsie gebruik
ongeveer 6 sampioene opgekap
1 groot ui, opgekap
50 ml honey and mustard slaaisous
1 pak Knorr sampioensous
½ koppie room (of meer)
sout en swartpeper na smaak
1- 2 gaar patats, in die helfte gesny
vars pietersielie en paar pruite garlic chives, opgekerf
bietjie mayonnaise om patat mee te verf
Braai die uie in bietjie olyfolie en sit die sampioene by, sit jou gaar vleis by en braai net lekker deur. Sny jou garlic chives in. (Hier kan jy bietjie gevriesde ertjie of gemengde groente bysit indien verkies) Maak die pakkie sous aan met so halwe kp koue water en gooi by, (Jy kan ook jou eie witsous maak en bysit as jy nie ‘n pakkie het nie) draai jou plaat af en kook lekker deur, dit sal ‘n baie dik sous wees, gooi nou die room en pietersielie by, en proe vir sout en swart peper, pas jou gereg aan. Sous moenie te dik wees nie, maar ook nie te loperig nie, maar moenie weer kook na die room bygesit is nie.
Skep die vleismengsel in die bakkies en pak die patat mooi bo-op. Smeer met bietjie mayonnaise en sit in die oond by 180°C tot deur warm, sit jou “grill” aan en rooster net so effens bo-langs.
Bedien met rys en slaai of net so saam met ‘n lekker slaai.
Resep en foto: Rina Kleinhans






