

BLATJANG AARTAPPELS
6-8 middelslag aartappels
sout
250ml vrugte blatjang
250ml kook water
125ml mayonaise
1 pakkie dik wituiesoppoeier
Kook aartappels in skil net tot sag.
Verhit die oond tot 180 grade C.
Dreineer aartappels en halveer elkeen met skil en al oorlangs.
As jy baba aartappels gebruik, sny dit net in die helfte Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo
in ‘n vlak oondvaste bak met ‘n inhoudsmaak van +- 2,5liter.
Meng die res van die bestanddele en skep dit oor die aartappels en bak vir ‘n halfuur lank. Bedien warm.
Foto: Melissa Ann Vermeulen – I cut my potatoes into 1/4’s. Will make them again. Especially with a braai.






