SJOKOLADE WEETBIX SKYWE
Ek het sjokolade weetbix skywe gemaak, sjokolade gesmelt en bo oor gesmeer.
3 weetbix fyn gedruk
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 koppie klapper
2 eetlepel kakao
185 g botter of margarien gesmelt
Meng alles saam druk vas is oondbak.
Bak 20 min by 180 º C.
Laat afkoel, smeer gesmelte sjokolade oor en sny in blokkies.
Resep en foto: Marie Grobler
geskuif