


3 VLEIS BOONTJIESOP
2 pakkies bone (gestoom vir 15 minute.. afgewater en weer vir 15 minute gestoom)
1 kg potjiekos lamsvleis (sag gestoom)
2 groot uie grof gekap
500 g wors in stukke gesny
½ pakkie spek in stukke gesny..
Sit alles bymekaar in ‘n groot kastrol en kook verder vir ‘n halfuur.
Voeg sout, peper en ‘n bietjie fyn naeltjies by.
Druk van die bone stukkend en kook verder tot sop dik is.
Roerbrood
3 koppies koekmeel
3 koppies bruin broodmeel
1 pakkie kitsgis (10g)
15 ml sout
15 ml suiker
15 ml kookolie
900 ml sterk lou water
Meng droë bestanddele goed. Voeg water en olie by en roer goed deur. Skep in voorbereide pan en laat rys vir ‘n halfuur of tot pan gelykvol is.
Bak by 180ºC vir ongeveer 45 minute.
Bron en foto:Petré Van Jaarsveld






