

MACARONIE EN KAAS MET SUIKERMIELIES
200 g spekvleis in blokkie gesny
1 uie gekap
1 x 410 g blik suikermielies (sweet corn)
250 g macaroni
2 x 43 g pakkies kitskaasous
400 ml melk
175 ml gerasperde kaas
Braai spekvleis bros, en voeg ui by en soteer tot.
Voeg suikermielies by en meng.
Kook intussen macaroni volgens aanwysings op verpakking.
Dreineer en hou eenkant.
Brei kaassous met warm melk deur 1 minuut te roer. Voeg spekvleismengsel by kaassous en meng met gaar macaroni. Skep macaroni in ‘n oonak en strooi kaas oor. Bak 20min by 180ºC
Foto: Benhet Nieuwenhuis






