RONEL SE AARTAPPELBOLLETJIES
Het gou gou n lekker snack gemaak van kapokaartappels en kaasgrillers.
Het so 5 med aartappels sag gekook en fyngemaak met bietjie botter. Dit laat koud word. Het die worsies in stukkies gesny, vinnig gaar gemaak en laat afkoel.
Bietjie fyn aartappels gevat en worsie binne in gesit. Toe die balletjies eers so vir 5 min in vrieskas gesit. Dit uit gehaal en eers in gegeurde meel en toe in geklitste eier gedoop en in diep olie gebak.
Heerlik.
Foto en resep: Ronel Muller Thoma