

JOYCE SE LASAGNE
Resep: Joyce Woodley
Foto: Wian Swart
FOOD LOVERS RECIPES
( resep vir groot oond pan)
25 ml olie
1 kg maalvleis
2 koppies gekapte uie
5 koppies gerasperde wortels
1 koppie hoenderaftreksel
410 g tamatie puree
1 pakkie beesstert sop
1 koppie kookwater
1 teelepel knoffelvlokkies
1 teelepel oregano
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel paprika
2 teelepel sout
6 lourierblare
1 teelepel tabasco
Verbruin maalvleis in die olie.
Voeg uie en wortel by en roerbraai vir ‘n paar minute.
Voeg res van bestanddele by – roer goed – laat prut vir 1 uur.
3 koppies melk
50 g margarien
75 ml koekmeel
1 pakkie sampioen sop
sout (so kwart teelepel)
rooipeper na smaak
Smelt margarien in ‘n pot.
Voeg meel en soppoeier by en roer goed.
Roer melk so half koppie op ‘n slag by – roer goed.
Voeg res van melk by en roer tot dit kook en verdik.
500 g lasagna velle
2 koppies gerasperde kaas
Sit bietjie vleismengsel in ‘n oondpan, dan lasagna velle, dan witsous, dan kaas.
Herhaal lae tot alles op is – eindig met kaaslaag.
Bak vir 20min teen 180ºC of tot die velle sag is.
‘n Italiaanse vriend het vir my gese’ dit smaak soos sy ouma dit gemaak het.
Nota: Wian Swart – 1 kp water met rooi wyn vervang







geskuif