JOYCE SE LASAGNE

JOYCE SE LASAGNE
( resep vir groot oond pan)
25 ml olie
1 kg maalvleis
2 kp gekapte uie
5 kp gerasperde wortels
1 kp Hoenderaftrelsel
410 g tamatie puree
1 pakkie beesstert sop
1 kp kookwater
1 tl knoffel vlokkies
1 tl oregano
1 tl gemengde kruie
1 tl paprika
2 tl sout
6 lourier blare
1 tl tabasco

Verbruin maalvleis in die olie
voeg uie en wortel by en roerbraai vir ‘n paar minute
voeg res van bestanddele by – roer goed – laat prut vir 1 uur
3 kp melk
50 g margarien
75 ml meelblom
1 pakkie sampioen sop
sout (so kwart tl)
rooipeper na smaak
Smelt margarien in pot
Voeg meelblom en soppoeier by en roer goed
Roer melk so half koppie op ‘n slag by – roer goed
Voeg res van melk by en roer tot dit kook en verdik
500 g lasagna velle
2 kp gerasperde kaas
Sit bietjie vleismengsel in ‘n oondpan, dan lasagna velle,
dan witsous, dan kaas.
Herhaal lae tot alles op is – eindig met kaaslaag
Bak vir 20min teen 180 grade

‘n Italiaanse vriend het vir my gese’ dit smaak soos sy ouma dit gemaak het.

Resep:  Joyce Woodley
Foto: Wian Swart  – 1 kp water met rooi wyn vervang