

GRANOLA MET ‘N TWIS
My tuisgemaakte Granola met ‘n twist. Dit is Siba Mtongana se resep met ‘n twist. Wil dit graag deel omdat dit altyd ‘n wenner is vir ontbyt, “snack” en as ‘n geskenk in ‘n glas bottel.
1 kop rolled oats
50 ml sonneblom saad
70 ml brazil neute
70 ml amandels
70 ml pekaneute
100 ml pampoen sade
20 gr wheatgerm (koringkiem by gesondheidswinkels en Dischem)
60 gr klapper
Kaneel
Ek sny die groot neute kleiner. Meng alles saam in oondpan en gooi bietjie kaneel en fyn gemmer oor na smaak. Bak in oond teen 180°C (vooraf verwarm) vir 10 min.
Intussen kook 50 gr donker suiker, 180 ml heuning, 90 gr botter en 1/2 t vanilla tot suiker opgelos is.
Gooi die warm stroop oor die mengsel in die pan en roer goed. Bak weer vir 10 min maar roer af en toe.
Laat afkoel maar roer gedurig sodat dit nie stol en vassit.
As dit goed afgekoel het voeg die volgende by.
1 k gedroogde piesang in stukke gebreek
1 k gedroogde cranberries
1/2 k gedroogde gemmer on stukkies gesny
Geniet
Resep en foto: Yolanda Kilian






