KRISPIE BROODROLLETJIE GEVUL MET MAALVLEIS
Het die harde Krispie broodrolletjies gekoop en net die bokant afgesny. Brood binne bietjie los gewikkel met ‘n mes en plat gedruk met my vingers sodat Broodrolletjies hol is binne.
Uie en maalvleis gebraai met sout, speserye (jou keuse) en Worcester sous.
Het witsous gemaak met wit cheddar kaas, knoffel, sout en pepper en gemeng met die maalvleis.
Skep maalvleis mengsel in elke holte van broodrolletjies saam bietjie “hot sauce”.
Sit klein bietjie kaas op om die bo deel van broodrolletjies ‘vas te hou’, en dan kaas oor bokant gesprinkel.
* Hoeveelhede en filling is maar eie keuse.
Bron en Foto: Frances Smith
In oond gegrill tot kaas gesmelt is en saam met avokado bedien.