



VERJAARSDAG KOEK MET SJOKOLADE RAAMWERK
Sif saam:
2 koppie meel
6 teelepels bakpoeier
Meng saam :
6 eiers
2 koppies suiker
1 koppie kookolie
(hou eenkant)
Meng:
1 koppie karringmelk
2 teelepels vanilla essence
4 eetlepels vars volroom melk
Voeg by eiermengsel
Voeg die meelmengesel by
Klits alles saam vir 1min
Bak in oond 180 ºC, vir 35 min
Laat afkoel vir 5 min in bakplaat
Versiersel
Gebruik die sjokolade wat in die bak afdeling is. Die gewone sjokolade smelt te gou
Meet paddy wax wrap om die grootte van die koek, Smelt sjokolade en maak enige vorms na u keuse … laat sjokolade set en vou versigtig om die koek
Sodra die sjokolade gestol is vou dit netso om die koek soos dit in die prent bo wys… dit sal nie breek nie en trek die papier versigtig af..
Bron en Foto: Myrtle Blanch Witbooi






