JEANETTE SE GROENTEPOT
Vars jong groenetjies van jou keuse.
Wit uiesoppoeier.
Knoffel.
Botter.
Vir die groot pot wat ek gehad het het ek twee soppoeiers gebruik.
Smeer pot met botter. Was en berei groente in stukke. Pak soorte in lae in pot. As jy so halfpad is strooi uiesoppoeier oor. Stip met klontjies botter en knoffel. Pak nou weer groente. Strooi weer bietjie soppoeier en botter en knoffel as jy nog knoffel wil insit. Pak groot kopkool blare bo-op om die groente totaal te bedek. Strooi soppoeier oor die koolblare. Ek gooi so halwe kop water oor koolbkare en sit net hoog tot dit kook. Kook dan op laag vir ontrent 1uur of langer. Die groente stoom gaar. Die koolblare moet sag word. Dis maar soos ek maak. Geniet.
Bron: Jeanette – geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Marika Tegmann
Dit is regtig baie lekker. Ons het dit baie geniet. Het Broccoli, blomkool, wortel, mielies en Sampioene gebruik. Sal dit weer maak. Volgende keer gaan ek net bietjie Botterskorsie of pampoen by sit.