

JOEY SE MOSSELPOT
3 houertjies room
1 pakkie wit uiesoppoeier
Volgende hoeveelhede hang af van die hoeveelheid mossels wat jy gaan gebruik:
melk
koekmeel (genoeg vir n bietjie dikker tekstuur)
botter
fetakaas
cheddarkaas
baie knoffel
uie
sout
peper
visspeserye
1 pak gevriesde mossels ( kan met of sonder dop wees)
Plaas al die bestanddele behalwe die mossels en uie in ‘n pot.
Kook tot die koekmeel gaar is en die sous dikkerig is.
Kook die mossels vir so 10 minute in ‘n ander pot en gooi die water af.
Braai die uie en voeg die mossels by. Gooi die sous bo-oor en prut nog ‘n ruk saam.
Dis heerlik saam met savoury rys of knoffelbrood.
Bron: Joey Du Pisanie






