

CHINESE POST TOASTIE HOENDER POPS
Heerlik en baie maklik
4 hoender borsies sonder vel, in klein blokkies gesny
½ koppie koekmeel
4 koppie fyngedrukte post-toasties
½ teelepel elk van sout, pepper, knoffel sout en gerookte paprika
2 eiers
¼ koppie melk
¾ koppie braai sous enige v jou keuse
¼ koppie heuning
¼ koppie tamatiesous
1 eetlepels Worcester sous
1 teelepel sojasous
½ greenpepper in fyn replies gesny
½ wortels in replies gesny
½ ui in replies gesny
Stel oond op 200°C, voer oond pan met bakpapier uit. Meng post-toasties, sout, pepper, paprika en knoffel sout saam. Klits eier en melk goed. Gooi meel oor hoender en meng goed.
Doop hoender stukkies een vir een in eier mengsel en dan in post-toasties en pak op waspapier uit. Bak vir 18 minute, draai na 9 minute om. Gooi al die bestanddele vir die sous in pot en kook op laag met deksel op vir ten minste 10 min. Wanneer hoender uit die oond kom pak in opdien bord en gooi sous oor, heerlik saam met basmati rys of groen slaai
Resep: Clive-Linda Cawood-Wilson
Foto: Johanna Viljoen Zwiegelaar







Geskuif