

MEXIKAANSE 3 MELK KOEK
Resep gepos deur Debbie Edwards
Foto: Debbie Edwards
FOOD LOVERS RECIPES
1 boks vanilla koekmengsel
1 koppie water
1 eetlepel sonneblom olie
2 teelepels vanielje
4 eiers
Melk Mengsel:
1 blikkie kondensmelk
1 koppie Ideal melk
1 koppie room
Versiering:
2 koppies room
aarbeie
Verhit oond tot 180°C. Botter ‘n 32 x 22 cm koekpan.
Meng al die koek bestanddele saam, klits tot glad.
Skep die beslag in die pan, en bak vir 30 – 35 minute totdat ‘n toetspennetjie skoon uitkom.
Terwyl die koek in die oond is, meng die 3 melk bestanddele saam. Roer – moenie klits nie. Dit moenie borreltjies maak nie. Die maklikste om hierdie in ‘n 1-liter beker met ‘n tuit te doen.
Haal die koek uit die oond en sit op ‘n draadrakkie om af te koel vir 5 minute.
Gebruik ‘n sosatie-stokkie om gaatjies in die koek te steek – sommer so elke 1 cm. Dis baie gaatjies!
Giet nou die melkmengsel versigtig oor die koek. Dit lyk soos baie, maar jy moet alles oorgooi.
Los nou die koek totdat dit afgekoel het. Maak dit toe en sit in die yskas tot die volgende dag.
Klits die 2 koppies room tot sagte punte. Smeer oor die koek en versier met gesnyde aarbeie.
Bedien koud saam met ‘n lekker koppie boeretroos.






