

BROODROLLETJIE EN FRIKKADEL VERRASSING
Dis rolletjies wat jy uithol en verf met gesmelte botter, knoffel en pietersielie.
Frikkadelle gedeelte is maalvleis, die uithol broodstukkies, kaas, knoffel, sout/pepper, origanum. Maak balle en braai effens.
Ek het sommer 6 gebraaide gesnyde sampioene onder in gesit, toe gerasperde kaas binne en op rande; dan in elke holte ‘n frikkadel. Toe monkeygland en tamatie sous gemeng en ‘n eetlepel op elk gesmeer. Nog gerasperde kaas en bietjie pietersielie bo-op gesit.
Bak 20 minute 180 grade C.
Heerlik.
Bron en Foto: Twané Jansen-Oliphant






