

MIKROGOLF MIELIEBROOD
Resep: Adriana Smith
Foto: Cheryll Geldenhuys
FOOD LOVERS RECIPES
Klits saam:
4 eiers
2 eetlepels olie
2/3 koppie suiker
1/3 koppie melk
Sif saam:
1 koppie mielieblom (maizena)
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Meng 1 blik suikermielies met eiermengsel.
Maak droë bestanddele met eiermengsel aan.
Meng goed en skep in ‘n gesmeerde pan (Mikrogolf pan nê) – nie meer as 2/3e vol nie anders rys dit bo oor.
‘n ringkoekpan werk baie goed.
Bak op’ roast’ (ek bak sommer net op gewone vol krag) vir 12 minute.
Haal uit en laat 3 – 4 minute staan
Bedien warm met botter (en stroop)
Verskriklik lekker saam met braaivleis.
Ek gebruik Tupperware se jellie ring.
Werk perfek
Nota:Cheryll Geldenhuys
3 min op hoog. Net die regte ding vir n kosblik. Ek sal resep se suiker bietjie minder maak, dis nogal soet saam met stroop, maar net my persoonlike smaak.







Wietske Mioch Roux
My resep is baie dieselfde maar ek sit sonneblom- en pampoensade en kaas onder in ring. O ja bietjie paprika vir kleur ook.