


KERRIE EN RYS MET FILO “TWIST”
Ek het regtig nie geweet wat om vandag te maak vir ete nie, en het maalvleis uitgehaal. Toe draai my kerrie en rys so uit.
Ek het net gewone kerrie maalvleis gemaak soos wat mens vir kerrie en rys sal maak met genoeg sous maar nie “sop” nie. toe skep ek dit in klein bakkies, verf ‘n filo velletjie met gesmelte botter en frommel hom op die maalvleis en bak in die oond by 180 gradeC vir ongeveer 25 min. Bedien saam met gewone basmati rys en ‘n slaai. Mensig ons het geeet soos konings…:)
Gebruik hierdie resep vir die maalvleis indien jy wonder hoe om dit te maak.
Basiese kerriemaalvleis:
kookolie
2 uie, inringe gesny
15ml fyngedrukte knoffel (1 eetl)
15ml kerriepoeier (1 eetl)
2ml fyn komyn (jeera)(1/2 teel)
2ml fyn gemmer (1/2teel)
2ml fyn koljander(1/2 teel)
1 heel kaneelstok
500g maalvleis
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10ml (2 teel) fyn appelkooskonfyt
15ml (1 eetl) tamatiepasta
1-2 medium groot tamaties, ontvel en fyngekap
5ml (1 Teel) botter
Braai die uie en knoffel saam sit die speserye by en braai rukkie, sit die maalvleis by en braai tot vleis mooi gaar is, meng jou konfyt en pasta en sit by saam met die tamaties. kook lekker deur, en indien die sous nie dik genoeg of genoeg is nie maak meer met bisto sous.
Berei die basiese maalvleismengsel en skep in ‘n oondvaste bak.
FOTO EN RESEP: Rina Kleinhans







Geskuif