

VARS MOSSELSOP
½ ui
6 knoffel huisies
60 mossels (vars), skoongemaak en gekook tot oop
1 Royco Gourmet soup seafood a la cream
1 pakkie wit uie sop
1 koppie room
2 koppies water of melk
Braai uie en garlic met botter.
Gooi mossels by en braai vir so 5 min (ek het 50 uit die skulp gehaal en 10 in die skulp gelos)
Gooi suurlemoensap sap by na smaak.
Meng die room en melk en soppoeiers saam en meng in by uie mengsel.
As dit te dik is, meng nog melk by tot die dikte reg is vir jou smaak.
Voeg sout en peper na smaak.
Laat 20 min prut.
Ek het hierdie resepie gehalveer maar nogsteeds 60 mossels gebruik en het ongeveer ‘n Liter sop gemaak.
BAIE BAIE LEKKER!
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Resep geplaas deur Benhet Niewenhuis






