

BROKOLLIE SLAAI AL LA ELSABIE
Brokollie, spek en kaas slaai.
1 koppie brokolli
50 g neute
125 ml rosyntjies
125 ml croutons
30 ml asyn
250 ml mayonnaise
30 ml suiker
250 g spek, gebraai in stukkies
1 koppie kaas, in blokkies gesny
Breek die brokollie in stukkies en stoom vir 10 minute. Plaas die brokollie in slaaibak om af te koel.
Plaas die kaasblokkies, neute, rosyntjies, croutons en stukkies spek ook in die bak. Plaas die asyn in ‘n pot. Gooi die suiker by. Sit pot op lae hitte en roer tot al die suiker gesmelt is. Haal van die plaat af en roer die mayonnaise by. Gooi die asyn mengsel oor die slaai. Geniet!!
**Ek het vanaand kaas en spek ontbyt worsies gebraai en die croutons uitgelos en Mini Cheddar se uie geur beskuitjies gebruik saam met ‘n handvol grondboontjies en rosyntjies. My sousie was Nola se Ulta Creamy mayo gemeng met dieselfde hoeveelheid suurroom.
Foto: Elsabie Templeton
Resep: Elsabie Templeton







geskuif