

UIE RINGE A LA FIONA
Uie in dik ringe gesny
1 pk Chillie bite mix
koekmeel
Kookolie genoeg vir diepbraai
Uie lekker dik ringe gesny, in ‘n sakie gegooi met meel en geskud. Ek het chillie bite mix (daai boksies) aangemaak volgens die aanwysings op die pakkie, en uie ringe daarin gedip. In olie gebak. En na die tyd aromat oorgestrooi.
Sal volgende keer bietjie brandrissies fyn kap en in die mengsel gooi.
Bron: Fiona De Jager
Foto: Fiona De Jager






