OONDGEBAKTE DONUTS
2 ½ koppies koekmeel
knippie sout
5 eetlepels suiker
1 pakkie gis
1 ¼ koppie lou melk
3 eetlepels margarine
Sif die suiker, meel en sout saam.
Meng die gis in die melk.
Meng die margarine deur die meel.
Voeg die melk en gis by.
Knie tot deeg gevorm is.
Rol uit en sny in donut vorms.
Laat rys vir 20 min.
Bak in oond @180°C vir 12min.
Glanseer met strooisuiker, ¼ teelepel melk, ¼teelepel koringstroop, 1 teelepel vanilla ekstrak (30 sek in die mikrogolfoond)
Resep en fofo: Cecil Dunhin