

NICO SE BEESSTERTPOTJIE
Resep en foto: Hettie Swanepoel
FOOD LOVERS RECIPES
2 beessterte
2 groot uie gekap
2 huisies knoffel
6 wortels,
6 meduim aartappels
6 mielies op gesny
1 pakkie sampioene
2 pakkies beesstert soppoeier
250 ml room
125 ml melk
Braai uie en knoffel, haal uit en braai dan beesstert in dieselfde pot tot lekker bruin.
Plaas alles weer in die pot en giet ‘n bottel old brown sherry en ½ koppie brandewyn oor. Kook oor lae hitte vir 2 ure. Voeg dan mielies, aartappels en wortels by. Kook vir nog so 2 ure baie stadig. Sit sampioene in. Meng soppoeier met room en melk en giet bo oor. Laat simmer vir 20 min. En dan eet jy lekker.






